Kontak | Contact: 011 953-1165 / 087 985 2560

Monnas Sport


Monnas het al vir meer as 90 jaar die septer geswaai as die kampioene in verskeie sportsoorte! KLIK gerus op  die onderstaande skakel vir meer inligting oor elke sportsoort:
Monnas has been on top of our game & the champions for more than 90 years! CLICK on the links below for more information about each type of sport at Monnas:

SPORTSOORTE by MONNAS | SPORT at MONNAS

Monnas Sportsoorte / Sport types

Monnas Rugby

Monnas Rugby:
Organiseerder/Orginiser: HANS COETZEE
1ste Span / 1st Team: WIT BULLE
# Spanne / Teams: 15
Kontak / Contact: hans@monnas.co.za

Monnas beskik oor ‘n baie bekwame afrigtingskorps wat jaarliks uitstekende prestasies behaal en talle provinsiale sowel as nasionale spelers oplewer. Daar word jaarliks verskeie vriendskaplike wedstryde teen tradisionele rugby-skole gespeel wat skole soos Grey College, Affies, KES en Jeppe Boys insluit. Monnas speel jaarliks in die Wildeklawer toernooi wat op televisie gebeeldsend word en huisves elke tweede jaar die Mutual & Federal Premier interskole wedstryd teen Glenwood Boys. Die Tuks Skole-reeks is een van die hoogtepunte van die rygbyseisoen, waaraan gerespekteerde Hoërskole soos Waterkloof,  EG Jansen, Kempton Park en Nelspruit deelneem.
Gedurende 2014 word Monnas vir die tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenners in die Tuks Skole-reeks gekroon terwyl die 0/14 – 0/16 spanne as wenners van die Beeldtrofee reeks gekroon is. Monnas lewer vanjaar agtien (18) 0/18 en dertien (13) 0/16 provinsiale spelers op, terwyl elf (11) oud-Monumentare in die Currie Beker Kompetisie betrokke was.

Lees meer | Read More
7's rugby

Monnas 7’s Rugby:
Organiseerder/Orginiser: HANS COETZEE
Kontak / Contact: hans@monnas.co.za

7’s Rugby is ‘n betreklike nuwe sportsoort in skole. Monnas neem jaarliks aan verskeie 7’s toernooi deel wat die gesogte Best of the West toernooi by KHS en die toernooi van Kampioenne in Skukuza insluit. Afrigters wat spesialiseer in 7’s rugby se kundigheid is jaarliks deurslaggewend en verseker puik resultate.
Gedurende 2014 verower beide Monnas se 0/15 en 0/17 spanne die 7’s titels by die Best of the West toernooi terwyl die 0/15 span die Noordvaal titel ingepalm het.

Lees meer | Read More
Monnas netbal

Monnas Netbal/Netball:
Organiseerder/Orginiser: VAKANT
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Hoërskool Monument se Netbal kan met die beste skole in Suid-Afrika meeding. Kundige afrigters wat by Netbal Suid-Afrika (NSA)  en Suid Afrikaanse Skole Netbal (SASN) geaffilieerd is rig met passie dertien (13) skoolspanne af. Monnas neem jaarliks aan die Wildeklawer reeks deel wat op televisie gebeeldsend word sowel as die Tuks Skole-reeks waarby verskeie gerespekteerde skole aan deelneem. Monnas lewer jaarliks talle provinsiale netbalspelers op wat hul provinsie by nasionale toernooie verteenwoordig. Monnas spog met wêreldklas fasiliteite wat onlangs opgegradeer is en woon jaarliks verskeie oefenkampe by wat deur Nasionale afrigters en spelers aangebied word. Monnas se afrigters is almal by SASN geaffilieerd en sluit twee (2) nasionale skoleskeidsregters, een (1) Netbal Suid-Afrika skeidsregter en vier (4) provinsiale skeidsregters in. Monnas se netbalspelers word jaarliks op toere geneem sodat daar in hul vaardighede belê kan word.
Gedurende 2014 het Monnas van krag tot krag gegaan en aan verskeie toernooie deelgeneem waar daar kompeterend meegeding is. Monnas lewer vyf (5) provinsiale spelers op en nege (9) Wes Gauteng spelers.

Monnas Hokkie

Monnas Hokkie/Hockey:
Organiseerder/Orginiser:
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

atletiek-800

Monnas Atletiek/Athletics:
Organiseerder/Orginiser: CHANTAL LINDEQUE
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Monnas neem aan verskeie prestige byeenkomste deel waaronder die PUK interskole (A-Bond) Kompetisie, sowel as die TUKS Top 10, Noordheuwel Top 15 en NWU PUKKE Top 30 byeenkomste. Monnas spog met ‘n baie bekwame afrigtingspan wat verskeie Nasionale afrigters insluit terwyl al ons afrigters by Sentral Gauteng (CGA) en Atletiek Suid-Afrika (ASA) geaffilieerd is.
Gedurende 2014 neem drie (3) Monumentare aan deel aan die Junior Wêreld Kampioenskappe terwyl een (1)  atleet aan die Jeug Olimpiese Spele gaan deelneem het. Een (1) atleet verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika Junior Kampioenskappe terwyl een (1) atleet Suid-Afrika ook by die Afrika Senior Kampioenskappe verteenwoordig het!Monnas het vanjaar 22 SA medaljewenners opgelewer!

Monnas Landloop:
Organiseerder/Orginiser: CHANTAL LINDEQUE
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Hoërskool Monument se landloop lewer jaar na jaar ongeëwenaarde prestasies op. Landloop oefeninge vind elke dag van die week plaas onder die bekwame leiding van Chantal Lindeque wat self haar Nasionale kleure in landloop verwerf het. Monnas neem reeds verskeie jare aan die Tuks Skole-reeks deel waaraan talle geresprekteerde skole soos Waterkloof, Kempton Park en Garsfontein aan deelneem. Monnas se atlete verseker ook jaarliks puik resultate tydens die Noordvaal Kompetisie en  Monnas het reeds verskeie provinsiale en nasionale landloopatlete opgelewer. Monnas se aktiewe Atletiek en Landloopklub (waarby enige laerskoolatleet kan inskryf) neem gedurende die seisoen aan die Sentraal Gauteng (CGA) liga byeenkomste deel waar verskeie atlete vir die SA Klubkampioenskappe kan kwalifiseer.
Gedurende 2014 palm Monnas se landloopatlete weereens die Tuks Skole-reeks titel in en eindig ons dogtersspan en seunspan onderskeidelik 2de en 4de in die Noordvaal Kompetsie. Tydens die D2 Kampioenskappe word 19 atlete in die D2 span opgeneem wat aan die Gauteng Kampioenskappe gaan deelneem het.Monnas se atlete verower 3 SA medaljes op die Nasionale Klubkampioenskappe.

Monnas Fietsry

Monnas Fietsry/Cycling:
Organiseerder/Orginiser: TANYA KELFKENS
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Hoërskool Monument se bergfietsklub het in 2014 die lig gesien. Alhoewel hierdie sport eers vanjaar vir die eerste maal aangebied is het ons fietsryers goeie prestasie behaal in die Spur Hoërskole M B T reeks.
Gedurende 2014 behaal verskeie fietsryers top 10 wegspring posisies by die Gauteng wedrenne wat aandui dat Monumentare nie onderskat behoort te word nie!

jukskei-800

Monnas Jukskei:
Organiseerder/Orginiser: TINUS BARNARD
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Jukskei word reeds sedert 1982 by Monnas as sport aangebied. Hoërskool Monument beskik oor uitstekende fasiliteite wat 6 jukskeiputte insluit. Daar word jaarliks vier (4) spanne ingeskryf wat aan hoë profiel toernooie deelneem wat die Bondedag en Noordvaalkompetisie insluit.  Verskeie provinsiale en nasionale spelers word jaarliks opgelewer.
Gedurende 2014 wen Monnas se 0/19 span die Noordvaalkompetise vir die 4de agtereenvolgende jaar en word gekies om die provinsie by die SA Skole Kampioenskappe te verteenwoordig.Monnas lewer vanjaar sewe (7) provinsiale spelers op.

Monnas Krieket/Cricket:
Organiseerder/Orginiser: FRIKKIE SPANGENBERG
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Hoërskool Monument se krieket is baie gesond. Daar word jaarliks tien (10) spanne in plaaslike liga’s ingeskryf wat elk in ‘n hoër liga speel as waarin hulle behoort te speel. Monnas neem aan verskeie toernooi deel waaronder die Evergreen Pro 20 reeks, Helpmekaar festival, Super 20, Wesrand liga en die Johannesburg vriendskaplike liga. Monnas beskik oor kompeterende fasiliteite wat twee (2) velde met 6 krieketblaaie insluit. Die binnenshuise krieketakademie is ons trots. Verskeie toere word jaarliks onderneem. In 2015 toer Monnas se A spanne na Sri Lanka terwyl die B spanne na Sportweni gaan toer. Monnas se bekwame afrigters is by die Wesrand betrokke as afrigters en is almal by Gauteng Krieket geaffilieerd. Monnas volg ‘n geballanseerde winterprogram om resultate in die seisoen te verseker.
Gedurende 2014 oorheers Monnas die plaaslike Wesrandliga en vorder terselfde tyd tot by die kwartfinaal van die Evergreen Pro 20 reeks. Twintig (20) uit ‘n moontlike vier-en-twintig (24)  spelers word vir die Wesrand Streekspan gekies en Monnas lewer twee (2) provinsiale spelers op.

Monnas Golf:
Organiseerder/Orginiser: WERNER VAN DEN BERG
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Monnas is aktief by die plaaslike Stableford liga en Wesrand liga betrokke. Spelers het die voorreg om op verskillende uitgelese bane te speel. Monnas neem aktief aan die Tuks Skole-reeks deel waar ons spelers jaarliks goeie resultate behaal. Oefeninge vind op die Ruimsig buiteklub en die Krugersdorp Gholfbaan plaas wat deur spesialiste aangebied word.
Gedurende 2014 behaal Monnas se gholfspelers goeie resultate met drie (3) spelers wat in die provinsiale A span ingesluit word en twee (2) spelers wat in die B span opgeneem word.

Monnas Tennis:
Organiseerder/Orginiser: DONÉ VAN WYK
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za

Hoërskool Monument spog met ‘n dinamiese afrigtingspan wat verseker dat Monnas tennis jaar na jaar kompeterend gespeel word. Monnas neem aan verskeie gerespekteerde toernooie deel wat die Tuks Skole-reeks insluit. Monnas neem ook aan liga wedstryde in Pretoria deel om te verseker dat tennisspelers die maksimum blootstelling en wedstrydoefening kry! Monnas beskik oor uitstekende fasiliteite wat onlangs opgegradeer is wat vier (4) tennisbane insluit.

Monnas Skaak

Monnas Skaak/Chess:
Organiseerder/Orginiser:
Kontak / Contact: sport@monnas.co.za